Sondag het 'n vakature in sy hoofkantoor in Johannesburg vir 'n Assistentredakteur.
Pligte:
·Algemene bestuur van die inhoud, produksie, personeel- en bedryfsbegroting van Sondag
·Dien op die Hoofredaksie van Sondag
·Beheer oor gehalte, geloofwaardigheid en redaksionele integriteit
·Redaksionele advies, prestasieleiding en opleiding van personeel
Assistentredakteur
Dui asseblief duidelik aan vir watter pos u aansoek doen:
VERWYSING: ASSISTENTREDAKTEUR
Rig aansoek aan die Bestuurder: Menslike Hulpbronne by e-pos: rcpaansoeke@media24.com.
Sondag (Neem kennis dat indien u nie binne 14 dae na die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, u die aansoek as onsuksesvol moet beskou.)
SLUITINGSDATUM: 28 Februarie 2011
Ingevolge Media24 se diensbillikheidsbeleid, sal voorkeur verleen word aan geskikte kandidate uit die aangewese groepe. Sondag het 'n vakature in sy hoofkantoor in Johannesburg vir 'n Assistentredakteur.
Vereistes:
· Minstens agt jaar se ervaring in die redaksie van 'n hoofstroomkoerant.
· Bewese joernalistieke ervaring oor 'n wye spektrum van nuuskategorieë
· Uitgebreide ervaring van inhoudbestuur, nuusinsameling sowel as produksie
· Uitstekende skryf- en redigeervermoë in Afrikaans
· Skerp nuusaanvoeling, spesifiek vir 'n weeklikse poniekoerant
· Toepaslike naskoolse kwalifikasie
· Selfgedrewe en selfstandig
· Rybewys
Die suksesvolle kandidaat sal aan die Redakteur van Sondag rapporteer. Die vergoedingspakket sluit in 'n mededingende salaris, 13e tjek as bonus en lidmaatskap van die aftree- en siekefonds aan persone wat daarvoor kwalifiseer.
(Neem kennis dat indien u nie binne 14 dae na die sluitingsdatum van ons gehoor
het nie, u die aansoek as onsuksesvol moet beskou.)
More information here.
READ NEXT: