Son het ’n vakature vir ’n ervare nuusverslaggewer in sy Oos-Kaapse kantoor in Port Elizabeth. Die persoon rapporteer aan die Burohoof.
BEVOEGDHEDE VEREIS:
• Insamel en skryf van nuus- en ander berigte.
• Skryf van in-diepte en ondersoekende artikels en rubrieke.
• Opbou van uitgebreide kontakte in die gemeenskappe in die koerant se verspreidingsgebied.
• Algemene skakeling met publiek en nuusmakers.
• Uitbrei van korrespondente-netwerk.
• Matriek of gelykwaardige kwalifikasie
• Diploma of graad in Joernalistiek
• Die geskikte kandidaat is ’n opgeleide joernalis met ’n besondere belangstelling in nuus en die wêreld rondom hom/haar.
• Die suksesvolle kandidaat moet oor ’n sterk nuussin beskik.
• Daarby is hy/sy selfgemotiveer en doelgerig, toon inisiatief en kan onafhanklik optree.
• Sub- en vertaalvaardighede sal ’n pluspunt wees.
• ’n Geldige rybewys is ’n vereiste.
• Moet oor ten minste drie jaar ondervinding in nuuskantoor beskik.
• Moet as spanleier kan optree ten tye van groot, brekende nuusgebeure.
• Moet stres kan verwerk
• ’n Gevestigde kontaktebasis
• Goeie skryfvaardighede in Afrikaans
• Kennis en begrip van die teikenmark
• Ingesteldheid op gehalte
• Goeie besluitneemvermoëns
• Goeie beplan- en organiseervaardighede
• Inisiatief
• Lesersgerigtheid
• Onderhandelingsvaardighede.
In ruil vir die suksesvolle kandidaat se dienste bied die maatskappy ’n mededingende vergoedingspakket, asook lidmaatskap van die aftree- en mediese fonds vir persone wat daarvoor kwaliseer. Rig aansoeke aan: Aashiqa January op die e-pos adres aansoeke@dieson.com Verwysing: NuusverslaggewerPE
SLUITINGSDATUM: 25 Junie 2012
Indien u teen 29 Junie 2012 nog nie terugvoer ontvang het nie, het u aansoek nie geslaag nie. Ingevolge Media24 se diensbillikheidsbeleid sal voorkeur aan kandidate uit die aangewese groepe gegee word.
CONTACT INFORMATION:
For queries/ submissions: aansoeke@dieson.com
READ NEXT: